Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Malema praat by saamtrek enkele dae na Zuma jeug kap

2012-02-26 09:15
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Spanning tussen die ANC en sy beleërde jeugliga kan Sondag vererger wanneer die jong leeus hul eie ­vieringe van die ANC se 100ste ­bestaansjaar in Soweto hou.

Julius Malema, wat voorlopig vir vyf jaar uit die party geskors is, is die hoofspreker by dié geleentheid, wat om 10:00 in Kliptown begin.

Floyd Shivambu, jeugliga-woordvoerder wat saam met Malema geskors is, het Saterdag aan Rapport bevestig Malema is die hoofspreker.

“Dit is ’n jeugliga-gebeurtenis waar ons self die eeufees van die ANC sal vier,” het hy gesê.

Keith Khoza, ANC-woordvoerder, het Saterdag bevestig dat die ANC nie betrokke is by die jeugliga se eeufeesvieringe vandag nie.

Malema het al dikwels die jeugliga se ontevredenheid uitgespreek omdat hulle nie ’n spreekbeurt by die ANC se hoof-eeufeesvieringe vroeër vanjaar in Bloemfontein gekry het nie.

Khoza het Saterdag gesê die ANC gaan ook tugstappe doen teen sy lede wat Donderdag pres. Jacob Zuma se Sefako Makgatho-lesing in Kaapstad ontwrig het.

Daar word beweer dat die oproeriges jeugligalede en ondersteuners van Malema is wat in Desember Zuma en Gwede Mantashe, ­sekretaris-generaal van die ANC, op die party se verkiesingskongres in Mangaung as ANC-leiers wil laat vervang.

Shivambu ontken die oproeriges was jeugligalede.

Rapport verneem twee mense is reeds deur die polisie aangekla van sedisie en oproerige gedrag.

Volgens Khoza gaan die ANC in die Wes-Kaap die twee ook intern tug.

Khoza sê die ANC sal bykomende veiligheidsmaatreëls tref om soortgelyke voorvalle by die res van sy eeufeesvieringe, wat die hele jaar sal duur, te voorkom.

Gevra wanneer uitspraak kom in die proses waarin Malema en ­Shivambu ter versagting van hul skorsing gepleit het, het Khoza gesê: “Ons wag nog vir die nasionale tugkomitee om ons daaroor in te lig.”

Zuma se lesing is Donderdag ontwrig enkele ure nadat hy in ’n toespraak aan die vakbond Numsa in Johannesburg kaalvuis onder die jeugliga oor dissipline en dié se ondergeskiktheid aan die ANC ingeklim het.

Zuma het gesê die jeugliga is deel van die ANC. “Daarom moet die jeugliga en sy grondwet onderhewig aan dié van die ANC wees.”

Die jeugliga hou sy grondwet voor en weier dat Malema en ander ­geskorste leiers hul poste ontruim ongeag dat hulle deur die ANC ­geskors is.

Volgens Zuma moet die jeug weens die uitdagings in Suid-Afrika uitgesproke wees, “maar binne politieke grense” bly.

Zuma meen talle vorige jeugdige ANC-leiers met wie die huidige jeugliga-leiers hulle dikwels vergelyk – soos oudpres. Nelson Mandela, asook Walter Sisulu, Moses Kotane en Peter Mokaba – was baie uitgesproke, maar “polities gedissiplineerd”.

Die jeugliga het Vrydag die ontwrigting van Zuma se lesing veroordeel. Shivambu ontken ook dat dié ontwrigting veroorsaak is deur die “mediageskepte persepsie” dat daar wrywing tussen die leiers van die ANC en sy jeugliga is.

Shivambu vra dat die ANC-leierskorps gerespekteer word en dat partylede die regte platforms gebruik om hul “frustrasies en afkeer van sommige in die leierskorps te opper”.

“Die leierskorps van die ANC het ’n verantwoordelikheid om na al sy lede te luister en moet nooit die deur vir enigeen toemaak nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- Rapport

VOLGENDE OP NUUS24X

Stem

Dink jy die ontevredenheid in die ANC-jeugliga oor die skorsing van Julius Malema kan langtermyn-gevolge vir die ANC inhou?

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Product Controller

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.