Malema onderhandel met polisie by myn
2012-08-18 15:00
Johannesburg – Die voormalige president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het die polisie Saterdag gevra om hulself te distansieer van die skare by die Wonderkop-nedersetting naby Rustenburg.
Die onderhandelinge tussen Malema en die polisie volg ná klagtes deur Lonmin-mynwerks dat hulle ongemaklik voel om met Malema te praat terwyl die polisie teenwoordig is.
Die polisie het gehoor gegee en hul voertuie sowat een kilometer verder weg geparkeer.
Malema het 'n kort tydjie gelede by Wonderkop aangekom en is hartlik deur die inwoners en mynwerkers verwelkom.
Vroue het geweeklaag terwyl die mans opgestaan en hul hande begin klap het.
Sommige van die vroue het plakkate gedra wat gelees het: "Julius Malema, Boeremag, staan asseblief op".
Een vrou het 'n plakkaat vasgehou met 'n boodskap aan Malema dat die boere (wit mans) hul mans doodgemaak het.
Sy het gesê hulle wil hê dat Malema moet help.
Nog 'n vrou het 'n plakkaat gedra waarop geskryf is: "R500 beloning om die polisie dood te maak. Vanaf Musina na Kaapstad doen julle bes."
Dit is die eerste keer sedert die begin van die geweldadige Lonmin-betogings, waar 34 mense reeds hul lewens verloor het, dat mans en vroue saamgesit het.
Die voormalige ANCYL-woordvoerder, Floyd Shivambu en sekretaris, Sindiso Magaga, het Malema na Wonderkop vergesel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA