Malema nié verlof gegun om in konstitusionele hof te appeleer
2011-11-04 20:01
Johannesburg – Julius Malema se aansoek om verlof om in die
konstitusionele hof teen die haatspraak-beslissing te appelleer, is verwerp.
Die hof het beslis dat dit nié in die belang
van geregtigheid is om op hierdie stadium gehoor te gee aan die president van
die ANC-jeugliga se versoek nie.
“Verlof vir die saak om in die appèlhof gehoor
te word is reeds gegun,” het die hof gesê.
Regter Collin Lamont het vroeër in die
hooggeregshof in Johannesburg beslis die sing van die liedjie “Dubul’ iBhunu”
(“Skiet die Boer”) geld as haatspraak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA