Malema stel teleur by musiekfees
2010-07-06 17:00
Johannesburg – Die president van die ANC-jeugliga (ANCYL), Julius Malema, het nie Dinsdagmiddag opgedaag vir sy toespraak by ‘n musiekfees in Johannesburg nie.
Hy was glo in ‘n vergadering met ANC-leiers opgehou.
Volgens Floyd Shivambu, ANCYL-woordvoerder, kon Malema nie uit die vergadering verskoon word nie.
“Daar was geen manier wat hy uit die vergadering kon kom nie. Dit was net nie moontlik nie.”
Shivambu het gerugte ontken dat daar spanning binne die jeugliga is.
“Hierdie gerugte is meer verbeelding as realiteit,” het hy gesê.
Die vergadering tussen Malema en die ANC-leiers was glo oor die nasionalisering van myne en die beweerde onenigheid binne die jeugliga.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA