'Malema moet leier bly'
2010-05-30 14:55
Johannesburg – Die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, moet vir ‘n tweede termyn staan, het die liggaam se Limpopo-tak Sondag gesê.
“Limpopo se ondersteuning vir president Malema se tweede termyn word nie betwis nie en is rotsvas,” het die Limpopo ANCYL-hoof, Frans Moswane, in ‘n verklaring gesê.
Die Limpopo jeugafdelig van die ANC het die naweek die eerste vergadering gehou vir hul provinsiale uitvoerende komitee.
Volgens Moswane sal die leierskap “hard werk” aan verskeie take, insluitend om “alle sektore van die samelewing te nooi om ons debat oor nasionalisering [van myne] te verstaan en insette te lewer vir die besprekingsdokument.”
- Sapa