Malema-moles kan ANC-fees versuur

2012-01-08 07:43
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die ANC is op hete kole weens dreigemente van Julius Malema, geskorste ANC-jeugleier, se ondersteuners om pres. Jacob Zuma Sondagmiddag by die party se eeufeesvieringe in Bloemfontein voor internasionale hooggeplaastes te verneder.

Zuma is die hoofspreker in die Vrystaat-stadion, waar duisende mense verwag word vir die viering van die ANC se stigting 100 jaar gelede.

Vrese hieroor het toegeneem nadat ondersteuners van Malema weer, op die vooraand van dié vieringe, op ’n vernederende wyse na Zuma verwys het met ’n lied waarin hulle sing “die stort gee ons probleme”.

Dié woorde verwys na Zuma se opmerkings tydens ’n vroeëre hofsaak dat hy ná seks gestort het om MIV/vigs te voorkom – en waarvoor hy om verskoning gevra het.

Dié optrede is deur Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, bestempel as “simptome van anargie”, berig Rapport se susterkoerant City Press.

Malema het in een van sy toesprake ’n hou gemik na diegene in die ANC wat dink “hulle het nou gearriveer”.

“Hulle weier om jou te huur, want hulle sê julle is nie opgevoed nie. Dié bobbejaan vergeet dat hy self nie opgevoed is nie. Hy praat gebroke Engels, hoewel hy vlot Sotho gepraat het toe julle hom verkies het. Hy wil nou skielik Engels praat.”

Malema het Saterdag interpretasies dat hy na Zuma verwys het as “snert” afgemaak.

“Ek het van mense gepraat wat in plakkerskampe verkies word en dan iets anders word. Ek het nooit oor die nasionale leierskap gepraat nie.”

Benewens oudpres. Thabo Mbeki en die families van ander voormalige ANC-leiers, sal talle staatshoofde, onder wie press. Goodluck Jonathan van Nigerië, Ian Khama van Botswana en Hifikepunye Pohamba van Namibië by vandag se geskiedkundige geleentheid wees.

Hoewel nie Malema óf die leiers van die vakverbond Cosatu en die SAKP vanmiddag ’n spreekbeurt kry nie, is daar kommer oor of Malema-ondersteuners in die paviljoen hulle gaan gedra. Diegene wat ongelukkig is oor die wyse waarop die ANC die heethoofdige Malema se politieke loopbaan kortgeknip het, kan Zuma in die verleentheid stel deur te sing en dans en hom selfs uit te jou terwyl hy sy toespraak lewer.

Keith Khoza, ANC-woordvoerder, het bevestig die ANC het gebeurlikheidsplanne om “ont­wrig­ten­de elemente” in die kiem te smoor en die polisie is ook gereed. Dit is nie onwettig om te sing wanneer Zuma praat nie, maar volgens Khoza is dié geleentheid in ’n ander klas omdat buitelandse staatshoofde dit bywoon.

“Ons sal niks duld wat ontwrigtend is of die veiligheid van staatshoofde kan bedreig nie,” sê hy.

Nog ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee sê die leierskap is bewus van die “gerugte” oor ontwrigtings.

“Maar ons het alles agtermekaar om dit te hanteer.”

Volgens hom hou die groep nie ’n wesenlike bedreiging in nie omdat hulle “ongeorganiseerd” is en hul optrede deur duisende ander in die paviljoen “uitgedoof sal word wat na die president wil luister”.

“Maar ons oor is teen die grond. Dis nie ons eerste groot byeenkoms hierdie nie,” sê hy.

Mense in Thabong het gedreig hulle sal vandag na Bloemfontein “marsjeer” om Zuma se toespraak te ontwrig.

Hulle het mnr. Fikile Mbalula, Vrystaatse boorling en minister van sport, as “ons toekomstige leier” beskryf en ook geskreeu: “Voor­waarts met (adj.pres.) Kgalema Motlanthe, voorwaarts!”

Die jeugliga wil hê Motlanthe moet Zuma vervang en Mbalula vir Mantashe wanneer die ANC in Desember sy nuwe leiers kies.

Malema het sy ondersteuners wel gevra om hulle vanmiddag in toom te hou en nie “in my naam” amok te maak nie.

ANC-ondersteuners van Limpopo – Malema se tuisprovinsie waar hy onlangs tot die ANC se pro­vin­sia­le leierstruktuur verkies is – is met 14 busse na die Vrystaat aangery om die viering vandag mee te maak.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: anc-eeufees  |  anc  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.