Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Malema 'moet grond teruggee'

2012-10-16 17:55
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, moet al sy grond aan die Khoisan-gemeenskap teruggee, het AfriForum Jeug Dinsdag gesê.

“Malema se voorouers het self suidwaarts getrek en sonder grond in Suid-Afrika aangekom," het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

"Ons is daarom van mening dat Malema geen aanspraak kan maak op die bydrae wat wit mense in Suid-Afrika gemaak het nie."

Die organisasie het reageer op uitlatings wat Malema op 'n troue in Harare, Zimbabwe gemaak het.

Malema het gesê jeugdiges in Suid-Afrika doen 'n beroep op wit mense om grond en minerale hulpbronne op te gee want "toe hulle van Europa gekom het, het hulle nie enige grond na Suid-Afrika gedra nie, het Zimbabwe se Herald Online berig.

"Wat ons vra is dat hulle ons minerale opgee want hulle het nie met enige minerale gekom nie. Ons soek daardie grond en daardie minerale gratis want hulle het nooit vir daardie minerale betaal nie."

Malema het gesê wit mense het moord gepleeg om grond te bekom.

"Hulle het eintlik mense vermoor om daardie grond en minerale te kry. Ons gaan nie vir hulle geld gee wanneer ons die grond terugneem nie want dit sal wees asof ons hulle met geld bedank vir die moord op ons mense.

"Ons sal dit nooit doen nie; min het hulle geweet ons is nie bang vir bloed nie," het hy gesê.

"Ons wil nie oorwin word nie maar om bloed te sien is nie waarvoor ons bang is nie; solank daardie bloed vir ons gee wat ons toekom, is ons bereid om dit te doen."

Oberholzer het gesê Malema is besig "om geweld te verromantiseer".

“Die geskiedenis is kompleks en om ’n verwronge weergawe daarvan te versprei, is bloot vandalisties teenoor elke Suid-Afrikaner wat wel ’n positiewe bydrae in die land wil maak.

"As jongmense is ons hier om te bly en sal ons ook nie van ons probleme weghardloop nie. Geen gemeenskap moet terugstaan om die reg tot vreedsame naasbestaan te verdedig nie."

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: julius malema  |  politiek  |  afriforum
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
127 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

John Allers sê... haal statisieke aan en 80% sal jou glo... Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.