Malema leef ultraluuks

2011-07-12 07:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Julius Malema, omstrede politikus en pas herverkose president van die ANC-jeugliga, het onlangs voor sy herverkiesing drie nagte in die “koloniale” en ultraluukse Royal Malewane-herberg langs die Krugerwildtuin gebly en sy rekening van R78 000 vir drie nagte kontant betaal.

Die nuus oor Malema se luukse safari volg op ’n omstrede vakansie van hom onlangs in Italië, toe ’n groot groep van die Limpopo-regering ook Italië besoek het om glo sakebetrekkinge met groepe daar te bevorder. Intussen het berigte ook verskyn dat Malema sy huis van R3,6 miljoen in Johannesburg platgeslaan het en ’n “Malema-fort” daar deur ’n konstruksiemaatskappy gebou word.

Nie net Malema en sy jeugbrigade nie, maar ook die bestuur van die Royal Malewane, wat geleë is in die bekende private Thornybush-wildreservaat aangrensend aan die Krugerwildtuin, naby die Orpen-hek, het die laaste week ’n digte sluier van geheimhouding oor die uitspattige besoek van Malema en sy groep van vyf ander gaste probeer trek.

Media24 se ondersoekspan het egter van verskeie veldwagters en werkers bevestiging gekry dat Malema en sy groep vriende daar was.

Drie betroubare bronne het ook bevestig dat Malema die rekening in kontant vereffen het.

Malema en sy groep vriende was daar op uitnodiging van ’n terapeut wat by die luukse spa van die herberg werk. Die terapeut, wie se naam aan Volksblad bekend is, is die vriendin van een van Malema se beste vriende.

Omdat personeel van die herberg gratis nagte as deel van hul diensvoorwaardes ontvang, is Malema uitgenooi. Malema het ’n nag se gratis verblyf gekry, maar het aanvanklik vir twee nagte bespreek, met die groep van ses wat hul verblyf tot drie nagte verleng het. Dit is onseker hoeveel van die mense in sy groep ook ’n nag gratis gebly het.

Volgens bronne van Volksblad het die Malema-groep “die normale toerisme-dinge gedoen”, soos die bosritte, safari-etes en spa-behandelings. Dit is onbekend hoeveel behandelings Malema gehad het.

Die koste per persoon per nag, wat deel, is amper R11 000.

Toe Malema die rekening van die groep moes vereffen, het die administratiewe personeel se oë gerek toe hy met die R78 000 kontant vorendag kom.

Malema se woordvoerder, Floyd Shivambu, het in twee telefoongesprekke die verslaggewer van Media24 se ondersoekspan gevloek en dit duidelik gestel dat “almal lieg” en dat die jeugligaleier weier om ’n gesprek hieroor te voer.

Intussen het Mbali Ntuli, voorsitter van die DA-Jeug, gesê die DA-Jeug is nie meer verbaas oor dié aantygings teen Malema nie.

“Hy het reeds keer op keer gewys dat die retoriek wat hy uiter as die ANC se jeugleier in skrille kontras is met hoe hy sy eie sake bedryf. ’n Mens moet wonder of sy uitroepe vir nasionalisering en radikale grondhervorming werklik daarop gemik is om wydverspreide armoede en werkloosheid onder die jeug te takel; of is dit net ’n manier om te verseker dat ’n uitgesoekte en bevoordeelde groepie kan voortgaan om ’n luukse en uitspattige lewe te lei,” het sy gevra.

Só het dele van die twee telefoongesprekke tussen Jacques Dommisse van Volksblad en Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, verloop:

JD: So hoekom het jy die telefoon neergesit?

FS: Hê?

JD: Hoekom het jy die foon neergesit?

FS: Hei man, ek het gesê indien jy wil voortgaan en ’n berig skryf, moet jy dit doen. Hierdie ding het nooit gebeur nie. Hy wil nie met jou praat nie.

JD: Hoekom wil jy nie hê dat ek met Malema daaroor praat nie.

FS: Ek het gesê nee, hy wil nie. Hoekom moet hy met jou praat, hy het geen verpligting om met jou te praat nie?

JD: Want hy is ’n politikus.

FS: Ja, maar ek het gesê nee. Jy kan nie mense dwing om met jou te praat nie.

JD: Ek verstaan dit nie.

FS: Ons gaan nie dat hy met jou praat nie. Jy kan nie mense dwing om met jou te praat nie. Hy wil nie met jou praat nie. Ek het nou net met hom gepraat.

JD: Hoe weet jy hy wil nie met my praat nie?

FS: Want ek het nou net met hom gepraat.

JD: Hoe bedoel jy jy het nou net met hom gepraat. Ek verstaan dit nie?

FS: F*k jou.

JD: Sê weer.

FS: Ek sê f*k jou.

JD: Vloek jy my?

FS: Ja.

JD: Hoekom doen jy dit?

FS: Wat is jou probleem?

JD: Ek het geen probleem nie.

FS: F*k jou. F*k weg, oukei.

JD: O, so jy het dit nou vir die vierde keer gesê.

FS: Ja.

JD: Kan jy my asseblief ’n nommer vir Julius Malema gee?

FS: Ek wil nie.

JD: Oukei, dankie. Tot siens.

- Volksblad

Lees meer oor: julius malema  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.