Malema kul glo Jan Taks

2010-03-07 05:08
Tweets Share Share line Print

Dumisane Lusbisi en Piet Rampedi

Johannesburg - Julius Malema het sedert sy verkiesing as leier van die ANC-jeugliga sowat twee jaar gelede geen belastingopgawes ingedien nie.

Boonop voldoen nie een van die vier maatskappye waarvan hy steeds ’n geregistreerde direkteur en aandeelhouer is aan belastingregulasies nie.

Te midde hiervan het dit nou ook bekend geword dat SGL einde verlede jaar nóg 13 kontrakte van die Polokwane-munisipaliteit gekry het.

Dit is benewens die tenders van meer as R140 miljoen wat SGL tussen 2007 en 2009 van nóg agt munisipaliteite in Limpopo gekry het.

’n Ondersoek verlede maand het gewys dat die bouwerk vir talle van dié kontrakte uiters swak was of nooit voltooi is nie.

Wat Malema se belastingsake betref, het me. Patricia de Lille, OD-leier, vertroulik verneem dat Malema se ondernemings ook nie voldoeningsertifikate ontvang het dat hul belastingsake in orde is nie.

Géén onderneming mag sonder sulke geldige sertifikate tenders kry nie, maar Malema se ondernemings het regerings- tenders ter waarde van miljoene rande gekry.

Rapport se susterkoerant City Press het dié inligting onafhanklik bevestig en vasgestel dat die Suid-Afrikaanse inkomstediens (SAID) ’n senior ondersoekspan aangestel het om Malema se sake te bekyk.

Intussen het Malema onlangs teen die SAID uitgevaar en beweer hy word “geteiken” omdat sy inkomste bekyk word.

Hy het die inkomstediens egter ook uitgedaag.

“As daar dinge is waarmee die SAID nie gemaklik is nie, dan mag hy ons ondersoek en voor stok kry,” het Malema gesê.

Die informant, wat gevra het om anoniem te bly uit vrees vir viktimisasie, het ook gesê dat Malema se persoonlike belastingvorms van die databasis van gewone Suid-Afrikaners verwyder is.

Sý inligting is op die databasis vir BBP’s geplaas, wat beteken daar is ’n baie hoër vlak van geheimhouding.

“Net uitgesoekte amptenare kry toegangskodes vir dié BBP-lêers. Toegang hiertoe word boonop gemonitor.”

Volgens hom kyk die SAID-ondersoekers na die sake van Malema se vier ondernemings – waarvan die registrasie van drie op die punt is om ingetrek te word.

’n Regeringsamptenaar wat ook van die ondersoek weet, sê hulle probeer boonop vasstel hoe SGL Engineering Projects, waarvan Malema 70% besit, blykbaar belastingsertifikate verkry het.

Oor die nuutste inligting rondom Malema se tenders in Polokwane het ’n bron aan City Press gesê die toekenning van dié tenders tussen 1 en 29 Oktober is vroeër toegesmeer omdat dit juis wys watter groot houvas Malema op tenders in Limpopo het.

Dié tenders blyk uit dokumente van Polokwane se databasis, maar is nie ingesluit in die antwoord op ’n parlementêre vraag van Cope einde verlede jaar nie.

Boonop is daar geen aanduiding van die waarde van die kontrakte wat SGL gekry het op die Polokwane-dokumente nie – hoewel dit uitgestippel is waar ander ondernemings kontrakte gekry het.

–Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Dit sal ook vir ons n teken wees wat ons van nou af sal moet doen om seker te maak ons oorleef. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.