Malema kry terugslag in Kaap

2011-12-05 08:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die steunveldtog van Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, het die naweek ’n terugslag gekry toe die Wes-Kaapse jeugliga nie sy provinsiale kongres aan die gang kon kry nie.

Dit is Sondagmiddag ná byna twee dae se gesukkel onbepaald uitgestel – glo midde verdeeldheid oor ondersteuning vir Malema.

Die beleërde jeugleier sou afgevaardigdes eergister by die Universiteit van Wes-Kaapland toespreek, maar was nêrens te sien nie.

Van die lede het gesê hy was nie te vinde om ’n halfvol saal toe te spreek nie aangesien die meeste afgevaardigdes eers teen die namiddag slenter-slenter begin opdaag het.

Die jeugliga in die Wes-Kaap is leierloos nadat sy provinsiale bestuurskomitee in Mei verlede jaar ontbind is ná hy nie betyds sy konferensie kon saamroep nie. ’n Taakspan het intussen die leiding oorgeneem. Die kongres sou Saterdag om 10:00 begin, maar teen middernag het afgevaardigdes tou opgegooi. Die twee mededingers vir die pos as voorsitter in die provinsie die naweek was Luvo Makasi en Jonton Snyman.

Albei kampe se ondersteuners moes egter gister bekaf huis toe keer ná die kongres omstreeks 12:30 in ’n kort geslote sessie afgestel is.

Malema, wat verlede maand deur die ANC geskors is en appèl aangeteken het, wou luidens berigte die kongres gebruik om sy steunbasis te verstewig.

Verskeie afgevaardigdes wat anoniem wou bly het gesê daar kon nie “eenheid” oor Malema gevind word nie en daarom is die kongres uitgestel. Geen amptelike ondersteuningstem kon vir Malema uitgereik word nie.

Die jeugliga se sekretaris-generaal, Sindiso Magaqa, het egter Sondag gesê registrasieprobleme was die oorsaak van die uitstel en nie verdeeldheid oor Malema nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: julius malema  |  politiek  |  ancyl  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.