Malema kry nie aftrek in Wes-Kaap

2011-12-04 08:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Julius Malema, geskorste ANC-jeugligaleier, is steeds nie ’n trekpleister in die Wes-Kaap nie.

Die jeugliga in dié provinsie het Saterdag met moeite probeer om uiteindelik sy verkiesingskongres by die Universiteit van die Wes-Kaap in Bellville te hou, maar teen 16:00 was die vereiste kworum nie teenwoordig om die kongres amptelik te begin nie.

Die jeugliga het gedurende die week afgevaardigdes van sy beweerde 300 takke verwag, met Malema as gasspreker.

Rapport het verneem Malema was wel in Kaapstad, maar het vir die organiseerders gesê hy sal eers opdaag as daar genoeg mense is.

Met die jeugliga se 66ste verjaardag verlede jaar kon Malema ook nie mense trek soos elders in die land nie.

Tydens dié byeenkoms in Cloetesville naby Stellenbosch – juis om meer bruin stemme te werf – het sowat 1 000 jong mense opgedaag en was dinge stram tussen Malema en pres. Jacob Zuma, die gasspreker.

Magdalene Moonsamy, waarnemende woordvoerder van die ANC-jeugliga, het Saterdag aan Rapport gesê daar word sowat 600 mense verwag as elke tak twee afgevaardigdes sou stuur.

Teen die tyd dat wegneem-boksies met braaihoender aan afgevaardigdes uitgedeel is, kon Rapport nie meer as 100 mense tel nie.

Moonsamy het nie uitsluitsel gegee oor hoeveel mense ’n kworum behels nie.

Die ses Wes-Kaapse ANC-gebiede het verlede maand hul algemene vergaderings gehou en ondanks die deurmekaarspul en onmin in die Boland het twee name uitgestaan as ’n moontlike Wes-Kaapse jeugleier: Luvo Makasi en Jonton Snyman.

Snyman is ’n voormalige jeugliga-tesourier in die provinsie en Makasi is ’n vertroueling van Marius Fransman, ANC-leier in die Wes-Kaap en nasionale adjunkminister van internasionale aangeleenthede.

Loyiso Nkohla is na bewering Snyman se keuse as adjunkleier.

Nkohla het verlede jaar opslae gemaak toe hy die beskutting om die oop toilette in Makhaza, Khayelitsha, afgebreek het.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: julius malema  |  ancyl  |  anc-jeugliga

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Theuns sê... Jy is so deurmekaar soos katkots in 'n tuimeldroeer! En jy is reg jy weet wat jy doen. Jy ou stortkop het ons land op sy kniee. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

330i E90 AT
2007
R 329,000.00

AUDI

A4 1.8 Turbo
2007
R 199,995.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.