Malema koop 'n plaas
2011-12-24 16:00
Johannesburg – Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, het 'n plaas van sowat R4 miljoen gekoop, het City Press Saterdag berig.
Volgens die berig het Gwama Properties, 'n maatskappy wat deels besit word deur Malema se Ratanang-familietrust, die eiendom van 139 hektaar in Augustus gekoop.
Geen verband is op die plaas in Polokwane geregistreer nie.
Malema het voorheen gesê indien sy appèl misluk sal hy boerdery oorweeg.
Hy is vroeër vandeesweek tot lid van die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC in Limpopo verkies.
Malema het die berig ontken.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter