Malema-klagte nou in weegskaal

2011-09-01 07:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die tugverhoor van Julius Malema, ANC-jeugligaleier, is Woensdag verdaag terwyl die tugkomitee ’n versoek oorweeg om al die klagte teen hom te skrap.

Sy regspan het die afgelope twee dae alles in die stryd gewerp om hom nie aan die pen te laat ry nie.

Die span, gelei deur adv. Patric Mtshaulana, SC, en adv. Dali Mpofu, SC, voorheen groephoof van die SAUK, het twee keer versoek dat die klagte geskrap moet word.

Hulle het eers aangevoer dat ’n verhoor deur die ANC se nasionale tugkomitee (NDK) nie die regte forum is om die klagte te hanteer nie. Dié versoek het misluk.

Hulle het daarna weer versoek dat die klagte laat vaar moet word. Die basis vir dié versoek is nie bekend nie, maar Eyewitness News het Woensdagmiddag berig dit hou verband met prosedures wat glo nie reg gevolg is nie toe Malema aangekla is.

Die NDK het Woensdagaand in ’n verklaring gesê die verhoor het verdaag “om oor die substantiewe kwessies wat deur albei partye opgehaal is, te beraadslaag. Die uitspraak sal Vrydag omstreeks 09:00 gelewer word.”

Malema se regterhand, Floyd Shivambu, woordvoerder van die jeugliga, se tugverhoor sou Woensdag in Johannesburg plaasgevind het, maar dit is tot ’n latere (onbekende) datum uitgestel.

Die NDK het die jongste versoek Woensdag bespreek en sal vandag ook daarvoor gebruik.

Malema se regspan het vroeër ook probeer om drie lede van die NDK onttrek te kry.

Na verneem word, is dié lede Susan Shabangu, minister van minerale bronne, Derek Hanekom, voorsitter van die tugkomitee, en Collins Chabane, minister in die presidensie, berig Mandy Rossouw.

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het Woensdagaand in ’n verklaring gesê dié versoek is van die hand gewys omdat beweringe van partydigheid of ’n persepsie van partydigheid nie gestaaf kon word nie.

Rossouw berig Muzi Sikha-khane, een van Malema se prokureurs, is ook Dinsdagaand uit die verhoor gegooi omdat hy “nie ’n ANC-lid met ’n goeie reputasie” is nie.

Die partye het reeds met die begin van die verhoor ooreengekom dat ’n klagte wat verband hou met die inbars van jeugligaleiers by ’n vergadering van ANC-amptenare, van Malema se klagstaat verwyder word “ter wille van gerief”.

Malema sal nou Vrydag saam met vier ander jeugliga-ampsdraers op dié klagte verskyn. Hulle is Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal; Ronald Lamola, adjunkpresident; Pule Mabe, tesourier; en Kenetswe Mosenogi, adjunk-sekretaris-generaal.

Die omgewing rondom Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad was Woensdag kalm met net sowat 150 jeugliga-ondersteuners wat onder streng polisiebewaking betoog het.

Terwyl die polisie en die media Dinsdag met klippe en gebreekte glasbottels bestook is, was daar teen druktyd geen ­nuwe voorvalle van geweld aangemeld nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
69 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.