Malema-klagte na hooggeregshof verwys
2010-05-20 15:20
Johannesburg – Die haatspraak-klag wat teen die president van die ANCYL, Julius Malema, gemaak is, is Donderdag deur die gelykheidshof na die hooggeregshof verwys.
“Ek dink dit is veilig om te sê dat die hooggeregshof meer gesag het,” het landdros Alvin Chaitram gesê.
Volgens Chaitram is hy teleurgesteld in die besluit, maar sal hy dit aanvaar. Hy het ook gesê dat die saak verskeie geografiese uitdagings het omdat 'n omstrede lied met die woorde "Skiet die boere" regoor die land gesing is.
Dié klag teen Malema en die ANC is deur AfriForum en AfriForum Jeug ingedien en handel om Malema se sing van die woorde “Skiet die Boer” en die ANC se openbare ondersteuning van die lied.
AfriForum en AfriForum Jeug het gesê hulle verwelkom hierdie besluit, aangesien dit beteken dat die saak op ’n hoër vlak beslis sal word.
AfriForum het reeds ’n senior regspan aangestel om hierdie saak in die hof te beding.
Die regspan het aangedui dat hulle gereed is om die saak in die hooggeregshof aan te pak.
- Sapa, Beeld