Malema in pekel, sê Zille

2010-03-11 07:05
Tweets Share Share line Print

Politieke redaksie, Die Burger

Kaapstad - Die ANC se jeugleier, Julius Malema, word weens beledigende uitsprake en die sing van ’n slagspreuk deur minstens twee sake in die gesig gestaar.

Dit volg nadat Malema die naweek die Wes-Kaapse premier en DA-leier, Helen Zille, ’n satanis genoem het, die OD-leier, Patricia de Lille, se huwelikslewe beswadder het en “Dubula ama­Bhunu baya raypha” (”Skiet die Boere, hulle is verkragters”) by ’n studentebyeenkoms gesing het.

Dr. Pieter Mulder, VF+-leier en adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, het gister ’n strafregtelike klag by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria ingedien.

Hy het ook ’n klag van haat­spraak by die SA Menseregtekommissie ingedien nadat Malema Dinsdag op ’n ANC-byeenkoms by die Universiteit van Johannesburg se Doornfontein-kampus volgens hom geweld aangehits het.

Malema se optrede sal waarskynlik hoog op die agenda wees as pres. Jacob Zuma na verwagting vanaand met prominente Afrikaanse boere, sakelui, sportlui en belangegroepe vergader.

Prof. Piet Strauss, moderator van die NG Kerk, AfriForum, TLU SA en die Springbok-slot Victor Matfield sal met die president vergader. Die meeste van dié groepe is briesend oor Malema en die lied wat hy gesing het.

Intussen het Zille haar regsverteenwoordiger opdrag gegee om Malema te dagvaar nadat hy haar onder meer daarvan beskuldig het dat sy verantwoordelik is vir die sloping van kerke.

“Helen Zille, wat aan satanisme ly, het uit haar pad gegaan om kerke in die Wes-Kaap te sloop. Sy het haar ware kleure gewys... mense daar sal weet hulle het vir ’n monster gestem,” het Malema onder meer getier.

Zille het gister aan Die Burger gesê dit is tyd dat iemand Malema op sy plek sit – en aangesien sy eie party dit nie doen nie, gaan die DA optree.

Malema het die naweek ook onder De Lille ingeklim en gesê: “Die Patricia wat loop en vertel ek skuld die SAID (die Suid-Afrikaanse Inkomstediens) geld, moet haar feite regkry.

“Patricia lyk nie soos ’n getroude vrou nie. Geen normale man kan met Patricia trou nie... ”

- Die Burger

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

frankflower sê... Naar, Pienaar, Kotze... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.