Malema in Mauritius ná jeugliga se optog
2011-10-29 23:01
Johannesburg – Julius Malema, omstrede leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), het twee ure ná hy die optog vir ekonomiese bevryding gelei het, na Mauritius gevlieg, het Sunday Times berig.
Malema is in ‘n bloulig-konvooi weggeneem om sy vlug in besigheidsklas na ‘n vriend se troue op die eiland te haal.
Daar word berig dat dit sy vriend David Mabilu, ‘n eiendomsontwikkelaar van Limpopo, se troue was.
Die vlieënier van die Air Mauritius-vliegtuig het selfs ‘n aankondiging gemaak en Malema welkom geheet toe die ANCYL-leier aan boord was.
Mabilu (42) en Phala Mokgophi (38) se weelderige trouseremonie is Saterdag voor 300 gaste gehou.
Die seremonie, vlugte en akkommodasie vir hul gaste het die paartjie R10 miljoen uit die sak gejaag.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA