Malema hoor môre sy lot
2012-02-03 19:47
Kaapstad – Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), en vyf ander leiers van die jeugliga, se lot sal Saterdag bekend wees.
Die ses leiers, wat geskors is omdat hulle die party in onguns gebring het, hoor Saterdag die uitslag van hulle appèl-aansoeke teen die skorsing.
Die ander leiers is die adjunkpresident, Ronald Lamola, die sekretaris-generaal Sindiso Magaqa, sy adjunk, Keneetswe Mosenogi, die tesourier, Pule Mabe en die woordvoerder, Floyd Shivambu.
Die dissiplinêre appèlkomitee, onder leiding van Cyril Ramaphosa, se beslissing sal regstreeks om 11:30 op SABC2 uitgesaai word.
Volg Nuus24 op Twitter
– RSG