'Malema het sy steun oorskat'

2012-02-06 07:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Wes-Kaapse leiers van die ANC-jeugliga het in die naweek ’n beroep op jeugliga-lede hier gedoen om “kalm te bly”.

Dié verwikkeling volg op die uitspraak, ook in die naweek, van die ANC se nasionale appèlkomitee oor die beleërde jeugliga-leier, Julius Malema, en vyf ander uitvoerende komiteelede van dié liga.

Op een na is al die skuldigbevindings van die nasionale dissiplinêre komitee teen hulle gehandhaaf.

Nyameka Mquzulo, woordvoerder vir die Kaapse metro-streek, het gesê die meeste jeugliga-lede was “teleurgesteld” oor die bevindinge.

“Ons vra almal om die demokratiese proses te respekteer,” het hy gesê.

“Jeugliga-strukture hier gaan voort met besprekings rondom nasionalisering. Kwessies rondom ekonomiese vryheid, veral nasionalisering, is ’n kwessie wat die hele jeugliga dryf.

“Dit is nie net ’n Malema-kwessie nie, en dit gaan nie nou versaak word nie.”

Die jeugliga-leierskap in Mpumalanga het skerper teen die bevindinge van die appèlkomitee uitgevaar.

Sapa
berig die leierskap het in ’n verklaring gesê die jeugliga is “aangerand en gevange geneem deur sy eie mense”.

“Nog nooit was dit so moeilik vir ’n rewolusionêre jeugbeweging om sy organisatoriese onafhanklikheid so te moet handhaaf nie.”

Maar volgens AfriForum, wat al met Malema in die hof gaan draai het, bied die bevindinge teen Malema ’n gulde geleentheid aan landsburgers om te werk om gemeenskapsverhoudinge te normaliseer.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof het in ’n verklaring gesê Malema het sy steun oorskat.

“Die ANC kon baie van die skade wat Malema aan gemeenskapsverhoudinge aangerig het, voorkom het as hy vroeër teen hom opgetree het, maar hierdie is ’n geval van liewer laat as nooit.”

Ook die DA Jeug het die bevinding verwelkom.

“Ons hoop dit is die einde van sensasionele boelie-politiek wat die aandag op een individu ten koste van werklike jeugkwessies gevestig het,” het Makashule Gana, DA-jeugleier, gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: julius malema  |  ancyl  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
47 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.