Malema 'het nog baie ondersteuners'

2011-08-19 12:34
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Afhangend van hoe Julius Malema die dissiplinêre verhoor teen hom benader kan hy moontlik net 'n raps oor die vingers kry, het Prof. Adam Habib, politieke ontleder, op die eNews-kanaal gesê.

"As hy in woede reageer sal mense net sê dis hoekom ons hom uit sy posisie moet verwyder. Maar hy kan hom ook onderwerp aan die party se dissiplinêre komitee en miskien net 'n raps oor die vingers kry," het Habib gesê.

Die ANC se tugkomitee het Vrydag aangekondig dat die ANC-leierskap klagtes teen Malema gelê het en dat hy voor dié komitee sal verskyn.

"Kameraad Julius Malema is aangekla vir verskeie oortredings van die ANC se gronwet, insluitend dat hy die party in oneer gebring het oor sy uitlatings oor Botswana en dat hy verdeeldheid saai in die range van die ANC," het Derek Hanekom, voorsitter van die tugkomitee, in 'n verklaring gesê.

Malema het vroeër vandeesmaand gesê het hy het planne om ’n “bevelspan” saam te stel om weerstand te organiseer teen die president van Botswana, Ian Khama, se bewind, het Die Burger vroeër berig.

"Malema sal tydens 'n verhoor 'n geleentheid gegee word om homself te verdedig. Hy is geregtig op die verteenwoordiging van 'n ANC-lid wie se lidmaatskap in goeie stand is," het Hanekom gesê.

Mathews Phosa, ANC-tesourier, het Malema tydens 'n soortgelyke verhoor in 2010 verteenwoordig.

Die paneel het hom skuldig bevind op verskeie aanklagte en het gesê indien hy 'n soortgelyke oortreding binne 'n tweejaar-tydperk begaan, hy uit die ANC geskors kan word.

Op die vraag of Malema geskors sal word, het Habib gesê: "Dis nie 'n uitgemaakte saak nie – daar is nog baie mense wat Julius Malema ondersteun en hulle sal hulle stemme dik maak in die volgende paar dae."

Habib het ook gesê indien die ANC-leierskap nou optree, sal dit verdeeldheid bring (in die party) voor volgende jaar se nasionale konferensie.

"Ek dink daar is senior lede in die ANC wat veral ongelukkig is oor sy optrede die laaste paar maande. Maar 'n mens moet ook onthou dat hy baie ondersteuners in die party het."

Op die vraag of Malema gepos gaan word, het Habib gesê: "Dis nie 'n uitgemaakte saak nie – daar is nog baie mense wat Julius Malema ondersteun en hulle sal hulle stemme dik maak oor die volgende paar dae."

Die ANC het gesê die saak is nou in die hande van die tugkomitee, wat die datum, plek en tyd van die verhoor sal bepaal.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Nuus24

Lees meer oor: julius malema  |  ancyl  |  skandale  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
49 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.