Malema hernu rybewys

2010-03-05 07:20
Tweets Share Share line Print

Julian Rademeyer

Johannesburg - Julius Malema het Woensdag aansoek gedoen om die hernuwing van sy rybewys nadat dit op sy verjaardag aan die lig gekom het hy ry onwettig rond.

Die ANC-jeugliga-president het dié week inderhaas aansoek gedoen om die hernuwing van sy rybewys nadat dit aan die lig gekom het dat sy rybewys in September verlede jaar al verval het.

Hy het ook meer as R4 500 se uitstaande verkeersboetes betaal wat hy hom die afgelope twee jaar op die hals gehaal het.

Net een boete bly oor: ’n boete van R300 toe hy in Julie 2008 met sy luukse C-Klas Mercedes-Benz teen 137 km/h deur die Thabo Mofutsanyana- munisipale gebied in die Vrystaat gejaag het.

Beeld verneem dat Malema Maandag by die Polokwane-verkeersdepartement opgedaag het waar hy glo persoonlik deur Ronnie Makhado, die hooftoetsbeampte, gehelp is om sy rybewys-aansoek te voltooi.

Op die vraag of Malema wel Maandag sy rybewys hernu het, het Makhado gister aan Beeld gesê: “Ja, ek reken hy het... Ek kan nie onthou nie, want ons is elke dag besig om rybewyse hier te hernu. Ek is tans in ’n vergadering... Ons het wie ook al gehelp met hernuwing sodra die rybewys geldig is. Ek wil nie kommentaar lewer oor ander mense se persoonlike sake nie.”

Volgens ’n ooggetuie het Malema voorkeurbehandeling gekry. “Hy het nie deur die regte kanale gegaan nie. Die mense daar kla verskriklik. Hulle sit ure daar in die wagkamer en dan moet hulle ingaan vir die oogtoetse en die vingerafdrukke en hy is privaat gehelp deur Makhado.”

Beeld se susterkoerant Rapport het in September verlede jaar onthul dat Malema sedert Desember 2007 versuim het om 14 boetes ter waarde van R5 000 te betaal.

Van dié boetes het verval omdat hulle vir so lank uitstaande is.

Toe Rapport se verslaggewer hom destyds gevra het oor die boetes, het Malema gesê: “Ek ken net revolusie, ek weet niks van motorbestuur nie.”

“Laat ek jou vertel, my vriend, ek het jou en jou apartheidsregime oorwin en ek gaan jou weer verslaan, eens en vir altyd!” het hy gesê.

The Star het Maandag berig dat Malema se rybewys in September verlede jaar verval het.

Beeld het vasgestel die meeste van die boetes is uitgereik vir oortredings in Mercedes-Benz C-klas voertuie. Daar is ook boetes vir ’n Hyundai Tucson.

Sy grootste boete was R1 100 toe sy motor om 15:12 op 21 September 2008 teen 169 km/h op die N1-Suid afgeneem is.

Beeld het ook vasgestel dat Tumi Mokwena, Malema se prokureur, vroeër die week op ’n mediakonferensie verkeerdelik beweer het dat hy, kort ná Malema se verkiesing tot president van die jeugliga in 2008, gereël het dat Malema verwyder word as direkteur van verskeie maatskappye.

Mokwena het gesê hy het die vorms persoonlik aanlyn ingevul.

Maar volgens dr. Elsabe Conradie, woordvoerder vir die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom (Cipro), hou die enigste bedankingsbrief wat hulle van Malema gekry het, verband met die maatskappy Nkgape Mining Investment.

Volgens haar is dit onmoontlik dat Mokwena ’n elektroniese versoek voltooi het. “Wanneer elektroniese dokumente ingedien is, word dit onmiddellik deur ons stelsel opgetel.”

Conradie het gesê van die maatskappye word geskrap omdat hulle nie jaarlikse opgawes ingedien het nie. “Dit het niks uit te waai met daardie maatskappye se direkteure nie.”

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.