Malema gesels met Nedbank
2009-11-06 10:27
Johannesburg – Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), gaan Vrydag die hoof- uitvoerende beampte van Nedbank, Tom Boardman, ontmoet om borgskappe vir sport en transformasie te bespreek, het die liga gesê.
Malema sal 'n afvaardiging, wat die ANCYL-adjunkleier Andile Lungisa, sekretaris-generaal Vuyiswa Tulelo, adjunk-sekretaris-generaal Steven Ngobeni, tesourier-generaal Pule Mabe en woordvoerder Floyd Shivambu insluit, lei.
Die vergadering vind in Kempton Park plaas en ‘n persverklaring sal daarna uitgereik word.
Die ANCYL het vroeër gedreig om Nedbank te boikot as die bank ophou om ASA te borg.
Hulle beweer dat Nedbank hulle borgskap onttrek het om transformasie van atletiek in Suid-Afrika te ondermyn.
- Sapa