Malema 'gereed vir enigiets'

2011-08-29 14:35
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Julius Malema, omstrede leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), het Maandag lede van die media in Johannesburg toegespreek oor sy party se beplande tugstappe teen hom.

Die dissiplinêre verhoor teen hom en sy kollegas sal na verwagting Dinsdag afskop.

Volgens Malema sien die ANCYL uit om met leiers van die heersende party te vergader.

Hy het bygevoeg dat die jeugliga so gou moontlik ‘n oplossing wil vind.

“Ons moet 'n oplossing vind wat nie vir die ANC 'n verleentheid sal wees nie,” het hy gesê.

“Ons is nie lafaards nie... Ons bly vreesloos. Ons neem verantwoordelikheid vir ons dade en ons is gereed vir enigiets. Die ANC is in beheer van ons toekoms.”

Malema het ook die geleentheid gebruik om na nasionalisering te verwys.

“Nasionalisering sal nooit verander nie... of jy ons wegjaag of nie...”

Malema het vroeër vandeesmaand gesê het hy het planne om ’n “bevelspan” saam te stel om weerstand te organiseer teen die president van Botswana, Ian Khama, se bewind.

Malema het op die mediakonferensie erken dat hulle deur lede gekritiseer is dat hulle nooit hul verklaring oor Botswana teruggetrek het nie.

Die jeugleier het Maandag bevestig dat adv. Patric Mtshaulana SC die groep sal verteenwoordig.

Malema en sy adjunk, Floyd Shivambu, word daarvan beskuldig dat hulle die ANC se naam deur die modder gesleep het toe hulle onlangs gedreig het om die regering van Botswana omver te werp.

Die Johannesburgse metropolisie het Maandagoggend reeds strate begin sluit in afwagting van lede van die ANCYL wat buite Luthuli-huis sal byeenkom.

Die ander leiers wat aangekla word sluit in Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal; Ronald Lamola, adjunkpresident; Pule Mabe, tesourier; en Kenetswe Mosenogi, adjunk- sekretaris-generaal.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: julius malema  |  anc  |  ancyl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Danie sê... Jy mag dit net nie op 'n doek vaslê en verewig nie Koos...dit is waar die kuns en kultuur stop! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.