Malema gaan glo getug word
2009-12-15 14:13
Johannesburg - Die ANC-jeugleier Julius Malema en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty se sekretaris-generaal, Jeremy Cronin staar nou dissiplinêre stappe in die gesig.
Só het adjunkpresident Kgalema Motlanthe Dinsdag gesê nadat die twee politieke figure in 'n moddergooiery in die publiek betrokke geraak het.
'Ek twyfel glad nie dat hierdie (die uitval tussen Malema en Cronin) tot dissiplinêre optrede sal lei nie," het Motlanthe gesê.
Die adjunkpresident het gepraat by 'n perskonferensie wat handel oor die vergadering van dei ANC se nasionale uitvoerende kommitee (NUK), wat Maandag plaasgevind het.
Mothlanthe het gesê die NUK versoek 'n verslag van die SAKP oor hoekom die ANC-gevolg oor die naweek by 'n kongres uitgejou was.
Malema was deel van hierdie gevolg en was sleggesê nadat hy onlangs vir Cronin as 'n "wit messias" uitgekryt het.
- Sapa