Malema gaan dalk bedank
2011-11-18 10:07
Johannesburg – Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, gaan dalk bedank om 'n blaaskans uit die politiek te neem en sy toekoms te beplan.
'n Hooggeplaaste bron in die ANC-jeugliga het Donderdag dié onthulling aan The Citizen gemaak.
Malema is verlede week skuldig bevind op aanklagte dat hy verdeeldheid in die ANC saai en dié party in oneer bring. Hy is as leier van die jeugliga geskors en uit die ANC geskors.
Hy het Woensdag op 'n mediakonferensie by Luthuli-huis in Johannesburg gesê indien dit nodig is, sal hy die jeugliga môre verlaat.
Die nuus van Malema se moontlike bedanking word stil gehou uit vrees dat dit die ANC-jeugliga skade kan berokken.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter