Malema-familie bid oor 'bose geeste'
2012-02-08 10:07
Johannesburg – Julius Malema se familie het ‘n biduur gehou om hulle van bose geeste te reinig ná sy appèl teen sy skorsing misluk het, het ‘n koerant berig.
The Star berig drie priesters, insluitende pastoor Jacqueline Selolo, van die Seshego-baptistekerk het Dinsdag ‘n biduur by Malema se ouma se huis gehou.
Die priesters het “alle demoniese en die duiwel se geeste uitgedryf” wat aan die familie gerig is.
Selolo het aan honderde Malema-ondersteuners gesê dat God hom aangestel het.
“As God jou aanstel, is dit finaal, maak nie saak wat mense sê nie.”
Die ANC se tugkomitee het die afgelope naweek aangekondig dat hy die geskorste leier van die ANC-jeugliga, en ander leiers van die jeugliga, se appèl teen hul skorsing van die hand gewys het.
Hulle is in November 2011 daaraan skuldig bevind dat hulle die regerende party in oneer gebring en verwoesting binne die party gesaai het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA