Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Malema en sakeman is verbind – klagstaat

2012-09-25 18:32
Tweets Share Share line Print

Polokwane – Duidelike sakebande bestaan tussen Julius Malema en die sakeman Lesiba Gwangwa, het die staat Dinsdag in hofdokumente aangevoer.

“Uit dokumentasie van die maatskappy wat as deel van die aansoek ingedien is, is dit duidelik wat daar ‘n sakeverhouding tussen Julius Sello Malema en Gwangwa bestaan, sowel as tussen hul maatskappye/entiteite,” het die klagstaat in ‘n bedrogsaak teen vier van Malema se vennote gelui.

“Volgens die genoemde maatskappystruktuur besit Ratanang Trust en Gwangwa-familietrust elk 50% van Guilder Investments.”

Volgens die hofdokumente is Malema se Ratanang-familietrust ‘n indirekte aandeelhouer in On-Point.

Gwama Propertiers word 100% besit deur Guilder Investment, wat daarop dui dat die Ratanang-trust ‘n indirekte aandeelhouding in Gwama Properties het.

SGL-engineering Project word 70% deur Malema besit en 30% deur Gwangwa.

Segwalo Engineering word 100% deur Gwangwa besit, lui die hofdokumente.

Die direkteur van On-Point, Kagisho Dichabe, en Gwangwa, Makgetsi Manthatha en Helen Moreroa het Dinsdag in die hof verskyn. Hulle is elk op R40 000 borgtog vrygelaat.

Hulle is saam met die maatskappye On-Point, Gwama Properties, Segwalo Engineering en Oceanside Trading aangekla.

Die staat voer aan die die vier wanvoorstellings van hulself aan die departement van paaie en vervoer in Limpopo gemaak het en ‘n kontrak van R52 miljoen is aan On-Point toegestaan.

Die hof het verder gehoor dat nog R1 miljoen aan Kagisho, Gwangwa, Segwalo en On-Point betaal is deur Oceanside, Moreroa en Manthatha.

Die aanklagte van bedrog hou ook verband met ontwerpe wat deur die departement besit word.

Berigte oor die naweek het die openbare beskermer, Thuli Madonsela, aangehaal dat die geskorste leier van die ANC-jeugliga miljoene gemaak het uit die R52 miljoen se tender van On-Point.

Alhoewel Madonsela nie enige bewyse kon vind dat Malema in die tender proses ingemeng het nie, het sy gevind dat hy “onbehoorlik” bevoordeel is uit die kontrak.

Haar ondersoek het gevind dat On-Point korrup opgetree het deur agtereenvolgende kontrakte met subkontrakteurs te teken, het die berigte gelui.

Madonsela het voorgestel dat die tender onmiddellik gekanselleer moet word, dat die Nasionale Vervolgingsgesag en die batebeslagleggingseenheid kriminele aksie oorweeg en dat die meester van die Hooggeregshof die vloei van geld in Malema se trust ondersoek.

Malema sal na verwagting Woensdag om 08:30 in die Polokwane-streekshof verskyn.

Hy staan tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery wat verband hou met die On-Point-tender.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: julius malema  |  tenders  |  hof  |  bedrog
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Adele Coetzee sê... Baie dankie vir die moeite om my te antwoord. Dis n kwessie wat my al lank gepla het. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R1200000 - R1700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.