Malema dreig met oorlog

2009-12-16 07:30
Tweets Share Share line Print

Sarel van der Walt

Pretoria - Terwyl Julius Malema die SAKP gister met “oorlog” gedreig het, het adj.pres. Kgalema Motlanthe dié jeugleier met tugstappe deur die ANC gedreig omdat hy spanning tussen die alliansievennote aanblaas.

’n Strydlustige Malema het gesê as die voorval verlede week toe hy by die SAKP-kongres uitgejou is ’n uitdaging tot oorlog is, sal die jeugliga dié uitdaging aanvaar.

Malema het aan die Nasionale Persklub in Pretoria gesê “ons sal strate toe gaan en veg. As daar geleentheid is om te praat, sal ons, maar as ons slagveld toe moet gaan, sál ons. Daar is geen rose in ’n oorlog nie.”

Tog het hy gesê daar is geen fundamentele wedywering in die ANC-SAKP-Cosatu-alliansie nie.

“As die SAKP my om verskoning vra, kan ons weer om ’n tafel gaan sit, praat en saam Coke drink. Maar hulle sal nie, want hulle het die uitjouery beplan.”

Hy het gesê senior SAKP-lede op die verhoog het saamgesing toe die afgevaardigdes anti-Malema-liedjies gesing het.

Malema het Gwede Mantashe, nasionale SAKP-voorsitter asook sekretaris-generaal van die ANC, opnuut van swak leierskap beskuldig omdat hy, as iemand wat ’n senior pos in albei partye beklee, nie die uitjouery veroordeel het nie.

Malema het ontken hy het gesê hy sal toesien dat Mantashe in 2012 nie vir ’n tweede termyn tot sekretaris-generaal verkies word nie. “Ons sal eers nader aan die tyd ’n besluit neem.”

Intussen het Motlanthe Malema gister met tugstappe gedreig omdat hy ’n opdrag van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) verontagsaam het om nie verdeeldheidsvure tussen die al­liansievennote aan te blaas nie, berig Cobus Coetzee uit Johannesburg.

“Niemand verset hulle teen die ANC en kom daarmee weg nie,” het Motlanthe gewaarsku oor nog ’n voortslepende woordestryd tussen die ANC-jeugliga en die SAKP nadat Jeremy Cronin, adjunk-hoofsekretaris van die SAKP, Malema oor die nasionalisering van myne aangevat en Malema hom ’n “wit Messias” genoem het. Die ANC-jeugliga het gedreig hy sal Cronin ’n les leer en het beweer dr. Blade Nzimande, SAKP-leier, wil Motlanthe se pos in 2012 oorneem.

Motlanthe het gesê tugstappe teen Cronin én Malema word oorweeg. “Dissipline kan nie selektief toegepas word nie. Nie Cronin óf Malema moet as NUK-lede in die openbaar so baklei nie.”

Motlanthe het ook die SAKP se uitjouery van Malema as onvanpas beskryf.

Die NUK het gister ’n verslag oor die struwelinge aangevra, wat vroeg Januarie klaar moet wees. Motlanthe het gesê hy is seker tugprosedures sal in die verslag aanbeveel word.

Hy het beklemtoon die ANC sal nie sy rug op Malema keer nie en sal hom eerder “slyp en korrigeer” en “ ’n beter burger en leier” maak. Volgens hom verlaat die ANC slegs diegene wat nie geslyp kan word nie.

- Die Burger

Lees meer oor: julius malema

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.