Malema dreig met ontwrigting by optogte

2011-10-20 08:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die ANC-jeugliga en sy ondersteuners beplan maksimum ontwrigting in Pretoria en Johannesburg tydens sy massa-optogte volgende week.

Hulle sal verkeer ontwrig en by die Uniegebou in Pretoria slaap totdat die regering aan hul eise voldoen, het Julius Malema, ANC-jeugleier, Woensdag te midde van luide toejuiging in Thembelihle in Lenasia gesê.

Hy het inwoners van die township, waar verlede maand gewelddadige diensleweringsbetogings was, tydens ’n blitsbesoek vir die jeugliga se massa-optog gemobiliseer. Die jeugliga gaan volgende Donderdag by Beyers Naudé-plein in Johannesburg bymekaarkom en na die Kamer van Mynwese, die Johannesburgse Effektebeurs en die Uniegebou in Pretoria opruk om die nasionalisering van myne en die herverdeling van die land se rykdom te eis.

’n Nagwaak sal Donderdagaand by die Uniegebou gehou word.

Hulle dring aan op onder meer gratis onderrig, werk vir die jeug en ekonomiese bevryding.

“Ons moet swart mense weer waardigheid gee. Solank ons in die donker is, sonder water en elektrisiteit moet klaarkom en in plakkershutte woon, is ons nie vry nie,” het Malema, geklee in ’n kleurryke Karibiese hemp en Che Guevara-baret, gesê.

“Nie net julle raadslede nie, maar die hele wêreld, selfs Amerika, moet weet van die probleme hier en die omstandighede waarin julle woon.”

Van die oomblik toe hy in sy wit Range Rover in die armoedige township stilgehou het, het sowat 500 inwoners – jonk en oud – gestamp en gestoot om Malema van naderby te sien. Hy het gesê die ANC-jeugliga gaan busse na Thembelihle stuur om die inwoners na die optog aan te ry.

Die optog gaan nie in agterstraatjies plaasvind nie, maar op groot paaie soos die N1 sodat die verkeer ontwrig kan word en almal van die optog bewus kan wees, het Malema gesê.

Malema het die skare “Shoot to kill, kiss the boer, kiss the farmer”, laat sing terwyl kinders op hul ouers se skouers getel is om ook te sien hoe die omstrede jeugleier lyk. “Julle pyn is ons pyn,” het Malema die mense verseker.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: julius malema  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
73 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.