Malema dreig Nedbank, Geelbladsye
2009-10-01 15:43
Johannesburg - Die ANC Jeugliga-leier Julius Malema het gedreig om "die gemeenskap te mobiliseer" teen Nedbank na 'n besluit om 'n borgskap van Atletiek Suid-Afrika (ASA) te onttrek.
"Laat hulle onttrek. Ons sal hulle blootstel vir wie hulle is. Ons sal die waarheid vertel oor hoekom hulle onttrek en ons sal SA mobiliseer om te weet wat Nedbank is," het Malema aan joernaliste in Johannesburg gesê.
"Dit is wat ons stryd vandag definieer -- mense wat weier om die transformasie te aanvaar, weier om leierskap van Afrikane te aanvaar.
"Hoekom onttrek mense nou in plaas van om méér geld in te sit?.
"Borg hulle vir Leonard Chuene of borg hulle Atletiek Suid-Afrika?
Hy het die Geelbladsye, ook 'n atletiekborg, gewaarsku: "Geelbladsye - ons hou hierdie spasie baie goed dop," het Malema gesê.
Nedbank het vandag borgskap van die jaarlikse Matha-reeks stopgesit.
Sapa