Malema dink drank is 'n euwel

2009-12-02 06:39
Tweets Share Share line Print

Rajaa Azzakani

Philippi - Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, wil hê drankadvertensies moet verbied word “omdat dit tot onbeskermde seks lei”.

Malema het Dinsdag, op Wêreldvigsdag, hier gesê bruin en swart inwoners van die Wes-Kaap moet saamstaan om die ANC te herbou.

“Die provinsie is onder die verkeerde leierskorps. Julle moet spyt wees dat julle nie vir die ANC gestem het nie en julle moet julself daartoe verbind om nooit teen die ANC te stem nie. Helen Zille (die DA-leier en Wes-Kaapse premier) gee nie vir julle om nie.”

Die jeugliga het ’n skenking van R100 000, kospakkies en komberse aan die Sinethemba Hope-weeshuis gedoen. Dié tehuis verskaf kos aan die arm gemeenskap van Heinz Park.

Malema het gesê drankadvertensies leer jong mense om alkohol op ’n vroeë ouderdom te gebruik.

“Dit laat jou glo om alkohol te drink, maak jou belangrik en spesiaal.

“Alkohol, dwelms en dagga vernietig die toekoms van ons kinders.

“Baie mense wat onbeskermde seks het, doen dit terwyl hulle onder die invloed van drank is. Dit is waarom ons alkohol móét beveg. Dit lei tot onverantwoordelike besluite.”

Volgens hom is baie mense wat vroue en kinders mishandel onder die invloed van alkohol en dwelms.

Met verwysing na Vrydag se finale 2010-loting het Malema gesê: “Die wêreld kan nie na ’n gemeenskap kom wat verslaaf is aan dwelms en alkohol of wat besig is om van MIV/vigs te sterf nie.”

Hy het gepleit dat veral jong mense altyd kondome moet gebruik en ’n beroep op mense gedoen om nie hul seksmaats te verkul nie.

Ouers moet ook met hul kinders oor seks praat.

Malema het verder gesê MIV-positiewe mense moet beskerm eerder as geïsoleer word.

Die stigma rondom die siekte moet afgebreek word.

- Die Burger

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.