Malema dalk die naweek ontslaan
2011-10-07 12:17
Johannesburg – Die Limpopo Medi-Clinic het bevestig dat Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, nog Vrydag by dié hospitaal behandel word.
Malema se dissiplinêre verhoor is Donderdag tot 15 Oktober uitgestel nadat hy Woensdag vir "griepsimptome" in die Limpopo Medi-Clinic opgeneem is.
Bronne in Malema se binnekring het aan Eyewitness News gesê hy sal Sondag uit die hospitaal ontslaan word.
Die bronne het gesê dokters wil Malema se toestand verder monitor en seker maak hy het ten volle herstel voor hy ontslaan word.
Daar was egter berigte dat hy oornag ontslaan is.
Die ANC-jeugliga weier om kommentaar te lewer oor Malema se toestand.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter