Malema 'buite konteks' aangehaal oor boerdery
2011-11-28 12:07
Johannesburg – Die ANC-jeugliga beweer Julius Malema is buite konteks aangehaal toe hy gesê het hy is "polities klaar" en wil met beeste boer.
Die Sunday Times het 'n onderhoud met Malema gepubliseer waarin hy erken sy politieke loopbaan is besig om tot 'n einde te kom.
Malema is vyf jaar uit die ANC geskors nadat hy skuldig bevind is op aanklag dat hy verdeeldheid saai in die ANC en die party in oneer bring. Hy appelleer teen die skorsing.
Hy is gesê om sy pos as president van die jeugliga te ontruim.
Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal van die jeugliga, het gesê Malema is verkeerd aangehaal en dat hul stryd voortgaan.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter