Malema bo te danke aan ouboet-ANC
2010-08-07 11:59
Julius Malema, wat ‘n groeiende rebellie in die ANCJL en ‘n moontlike paleisrevolusie in die gesig gestaar het, het as oorwinnaar uitgetree ná ‘n dag-lange vergadering in Luthuli-huis tussen ‘n ANC-taakspan en rolspelers in die Jeugliga-stryd, berig IOL.
Malema kan nou rustig slaap nadat ANC-grootkoppe Malema se politieke teenstanders geroskam het en die Jeugliga-president se leierskapsposisie onderstreep het.
Die taakspan – gelei deur adj. pres. Kgalema Motlanthe – is gevra om die probleme in die liga uit te sorteer nadat faksies in vyf provinsies Malema se leierskap uitgedaag en sommige hom selfs hof toe probeer sleep het.
Volgens ‘n bron is die verdryfde jeugleier van Limpopo, Lehlogonolo Masoga, aangesê om partystrukture te volg en om nie parallelle strukture in sy provinsie van stapel te stuur nie.
Lees hier meer.