Malema betaal sy R50 000 boete
2011-08-08 22:55
Johannesburg – Die ANC-jeugliga leier Julius Malema het uiteindelik die boete van R50 000 aan People Opposed to Women Abuse (Powa) betaal.
“Ons het bevestiging van Powa verkry dat
Malema betaal het,” het die woordvoerder van die Sonke Gender Justice Network
Mbuyiselo Botha gesê.
“Dit is egter nogal teleurstellend dat dit hom
so lank gevat het.”
Dié boete kom na aanleiding van aanmerkings
wat Malema gemaak het teenoor die vrou wat president Jacob Zuma van verkragting
beskuldig het.
Hy het onder andere gesê dat sy dit moes “geniet”
het aangesien sy eers die volgende oggend ‘n taxi gebel het om haar huis toe te
neem.
Powa het kennis geneem van die feit dat Malema
die boete op die vooraand van Vrouedag betaal het.
“Dit stuur die boodskap uit dat leiers
verantwoordelikheid aanvaar,” het Mbuyiselo gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA