Malema-appèlaansoek ingehandig
2011-11-25 12:14
Johannesburg – Die ANC het bevestig dat hy die ANC-jeugliga (ANCYL) se appèldokumente ontvang het.
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die regerende party, se kantoor het Donderdagaand die dokumente ontvang, het Jackson Mthembu, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
Die dokumente is onmiddellik aan Cyril Ramaphosa, voorsitter van die ANC se nasionale dissiplinêre komitee van appèl, oorhandig.
Die verklaring kom nadat die geskorste ANCYL-leiers se prokureur, Dali Mpofu, vroeër bevestig het dat hy die dokumente ingedien het.
Volgens Mtembu sal die appèl van nou af deur die tugkomitee hanteer word.
Julius Malema, leier van die ANCYL, Floyd Shivambu, woordvoerder van ANCYL, Ronald Lamola, adjunkleier van die jeugliga, Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal, Kenetswe Mosenogi, adjunk-sekretaris-generaal, en Pule Mabe, tesourier-generaal, is skuldig bevind en twee weke gelede deur die ANC se nasionale tugkomitee (NTK) geskors.
Malema is vyf jaar geskors en beveel om sy pos as president van die jeugliga te ontruim en Shivambu is drie jaar geskors en ook gesê om sy pos te ontruim.
Die ander vier leiers vir elk twee jaar geskors. Die skorsing is opgeskort vir 'n tydperk van drie jaar.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA