Malema-appèl geheimsinnig, kalm

2012-01-24 08:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die eerste dag van Julius Malema, geskorste ANC-jeugleier, se appèl teen sy skorsing uit die jeugliga én die ANC, het Maandag agter geslote deure plaasgevind met ANC-woordvoerders wat nie wou sê hoe die proses vorder nie.

Talle lede van die media het buite Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in die Johannesburgse middestad, saamgedrom, maar in teenstelling met die eerste dag van Malema se tugverhoor in September was die strate voor Luthuli-huis kalm en sonder enige jeugliga-ondersteuners.

Net Golden Miles Bhudu, leier van die Corrections and Civil Rights Movement, het oudergewoonte in ’n stukkende denimbroek en kettings sy steun aan Malema toegesê.

“Kameraad Cyril, doen die regte ding. Hier is geen saak nie, net boeie,” was die woorde op sy plakkaat.

Cyril Ramaphosa is die voorsitter van die ANC se nasio­nale appèlkomitee voor wie Malema Maandag die eerste keer verskyn het nadat die ANC se nasionale tugkomitee (NTK), onder leiding van Derek Hanekom, hom in November geskors het.

Adv. Patric Mtshaulana SC, Malema se regsverteenwoordiger, het verlede Maandag die betooghoofde in Malema se appèlsaak ingedien.

Daarin voer Malema aan die jeugligalede is nie die kans gegun om versagtende omstandighede aan die NTK voor te lê nie.

Hy beweer ook Hanekom en Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne en ’n komiteelid, was nie objektief nie en daarom behoort sy saak hersien te word.

Keith Khoza, woordvoerder van die ANC, het gesê hy kan nie kommentaar lewer oor die proses nie. “Die media sal inligting ontvang wanneer die verhoor afgehandel is.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: julius malema  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.