Malema aan’t verduidelik
2009-09-21 12:46
Johannesburg- Die president van die ANC Jeugliga (ANCYL), Julius Malema, het Maandag in die gelykheidshof gesê dat hy nie besig was met ‘n “algemene lesing” oor verkragtingslagoffers toe hy die kontroversiële uitspraak gemaak het nie.
“Dit was nie ‘n algemene lesing op verkragtingslagoffers nie. Dit was my kommentaar op ‘n spesifieke voorval,” het Malema in die hof gesê.
Dié hofsaak kom nadat die Sonke Gender Justice Network ‘n saak van haatspraak teen Malema geopen het nadat hy glo in die publiek verklaar het dat die vrou in die Zuma-verkragtingsaak “’n lekker tyd” gehad het.
Hy het in Januarie voor studente van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gesê: “Diegene wat ‘n lekker tyd gehad het, sal bly tot die son opkom en vra vir ontbyt en taxi-geld. Dié oggend het dáái vrou ontbyt en taxi-geld gevra.”
Malema het Woensdag egter gesê dat hy nie gemaak het of hy ‘n kundige is wanneer dit kom by verkragtingslagoffers nie.
“Ek wou net verduidelik waarom Jacob Zuma die ANC se presidensiële kandidaat gebly het ten spyte van die negatiewe denking wat hy oor die saak in die media ontvang het.”
Met hierdie opmerking deur Malema in die hof het een van syse vroulike ondersteuners haar vuis in die lug gegooi en “Ja” geskreeu. Malema het slegs sy kop geknik.
Hy het bygevoeg dat indien die Sonke Gender Justice Network die voorval met hom bespreek het sou hy kon verduidelik wat hy bedoel het en sou dit nie nodig gewees het vir ‘n hofsaak nie.
– Sapa