Malema: ‘Wit boer’ joernaliste het vendetta teen hom
2010-03-23 00:47
Johannesburg – Julius Malema, ANC-Jeugleier glo dat ‘wit boer’ joernaliste betrokke is in ‘n sameswering teen hom, het 702 eyewitness news Maandag berig.
Malema het jongmense tydens Menseregtedag in Mafikeng toegespreek, en ‘wit boer’ joernaliste gekritiseer en beweer dat hulle ‘n persoonlike vendetta teen hom het.
Die radiostasie het berig dat Malema aan toeskouers gesê het dat wit joernaliste weet niks van die vryheidstryd af nie.
Hy het ook gesê dat swart-joernaliste word geonderdruk.
Malema het gesê dat die Sharpeville-slagting van 1960, waar die polisie altesaam 69 mense doodgeskiet het omdat hulle oor paswette betoog het, was deur die ANC georganiseer maar toe deur die PAC gekaap.
Volgens Malema moet burgers die regte geskiedenis van die land leer.
Hy het sy beroep oor die nasionalisering van myne herhaal en gesê dat inwoners van Mafikeng moet die minerale van hul streek besit.
- Sapa