Malema: Moenie oor Zuma-liefdeskind praat
2010-02-01 15:44
Johannesburg – Julius Malema, president van die ANC-jeugliga (ANCYL) het gesê dit is "oneerbiediglik" om van pres. Jacob Zuma se kind wat hy by een van sy vriende (Irvin Khoza) se dogters het, te praat.
“Ons is Afrikane, en Zuma is ons pa. So ons is nie gekwalifiseerd om oor dit te praat nie.”
Volgens Malema gaan die ANCYL voort met sy MIV-programme en hul ‘een meisie, een kêrel’ veldtog.
Hy het dit aanstootlik gevind toe hy gevra was of hy dink Zuma ‘n goeie voorbeeld vir die jeug is.
Daar was nog geen amptelike kommentaar oor die liefdeskind gemaak nie, sedert ‘n berig in die Sunday Times verskyn het.
“Ek gaan nie oor die aangeleentheid kommentaar lewer nie. Alle navrae moet deur die presidensie beantwoord word,” het Ishmael Mnisi, ANC-woordvoerder gesê.
Die presidensie het intussen die situasie as ‘n privaat aangeleentheid beskryf.
Zuma is as die pa geregistreer van 'n babadogter. Sonono Khoza het op 8 Oktober, drie maande voor Zuma vir die vyfde keer getrou het, geboorte geskenk.
Dit is glo sy 20ste kind. Die Khoza’s het ook nog nie kommentaar gelewer nie.
- Sapa