Malema: Mbeki was die ANC se beste president
2011-06-06 14:30
Johannesburg – Oudpres. Thabo Mbeki is die "beste" leier wat die ANC gehad het, het Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, gesê.
"Mbeki is die beste leier wat die ANC ooit gehad het. Daar is diegene wat hom baie haat, maar vergeet dat Mbeki tydens sy leierskap 'n twee derde meerderheid tydens die verkiesing verseker het," het Malema gesê
"Diegene wat Mbeki haat, is jaloers op sy prestasies. Hy was die slimste en die beste opgevoed."
"Die enigste probleem met Mbeki was dat hy nie wou toelaat dat die leierskap van die ANC besluit wie hulle aan bewind wou hê nie, en dat hy 'n derde termyn in die organisasie wou hê. Behalwe daarvoor, was hy die beste en ek respekteer hom daarvoor," het Malema gesê.
Malema is vroeër deur die ANC berispe nadat hy gesê het Mbeki "was beter" as president Jacob Zuma met die hantering van interne ANC-kwessies.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA