Malema, Madonsela is nuusmakers van 2011

2012-01-22 20:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Nasionale Persklub het Sondag aangekondig die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, en die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, is gesamentlik as nuusmakers van die jaar vir 2011 aangewys.

Die Persklub se voorsitter, Yusuf Abramjee, het gesê die twee het meer dikwels as nié die media-omgewing in 2011 oorheers.

“In 2011 was Madonsela die sterkste stem vir goeie regering wat administratiewe wandade regstel,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Madonsela se bevindings oor die omstrede huur van geboue vir die polisiediens het daartoe gelei dat President Jacob Zuma twee ministers afgedank en Bheki Cele, die nasionale polisiekommissaris, geskors het.

“Die impak van haar werk is onskatbaar in die konteks van Suid-Afrika – beide in die private en die openbare sektor – waar korrupsie en wanadministrasie algemeen is. Haar sterk leierskap, gepaardgaande met besliste optrede, is ‘n groot bystand in die poging om van die land ‘n korrupsievrye samelewing te maak,” het Abramjee gesê.

Oor Malema het hy gesê: “Of jy hom liefhet en of jy hom haat, Malema se dade, omstrede opmerkings en verskynings het die plaaslike agenda deur die jaar oorheers.

“Nog nooit is ‘n land so aangegryp, so verdeel of so byeengebring deur nuus oor een individu nie,” het hy gesê.

Malema het plaaslik en internasionaal opskrifte gehaal oor kwessies soos nasionalisering en ‘n bewindverandering in Botswana.

Volgens Abramjee het Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-Jeugliga, aan die persklub gesê toe hy ingelig is oor die toekenning: “Ons neem nie deel aan enige van hierdie dinge nie. Julle kan voortgaan en geen leier van die ANC-Jeugliga sal betrokke wees nie en geen boodskap sal gestuur word nie. Staak asseblief enige vorm van kommunikasie met die ANC-Jeugliga.”

Madonsela het gesê die besluit is vir haar ‘n verrassing.

“Ek bedank die Nasionale Persklub vir die erkenning aan die span wat ek gelei het. Dit verseker dat die mense van Suid-Afrika geregtigheid kry wanneer hulle onregverdig deur die regering behandel is en help ook die regering om dienslewering op te skerp,” het sy volgens Abramjee gesê.

In vorige jare is President Jacob Zuma, Charlize Theron, Zachie Achmat en die Treatment Action Campaign en Eskom al as nuusmakers van die jaar aangewys.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.