Malema: Doen wat julle wil
2011-12-02 12:00
Johannesburg – Die geskorste leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het sy kritici gewaarsku dat hulle met hom kan doen wat hulle wil, het die SABC Vrydag berig.
Malema het gesê sy idees sal voortleef al word hy uit die ANC geskors.
"Wanneer hulle ons skors, is die idee daarbuite. Ons moet onsself regmaak sodat ons nie terugstaan nie," het Malema Donderdag aan jeugliga-ondersteuners in Naledi gesê.
Malema het gesê sy skorsing is aangedryf deur diegene in die ANC wat gekant is teen die jeugliga se radikale beleidsvoorstelle.
Hy en vyf ander jeugligaleiers is drie weke gelede deur die ANC se nasionale tugkomitee skuldig bevind op aanklagte dat hulle die party in oneer bring en verdeeldheid in die party saai.
Malema is vyf jaar uit die party geskors en beveel om sy pos as president van die jeugliga te ontruim. Hy het teen sy skorsing appelleer.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA