Malema 'ANC se monster'

2011-06-21 08:09
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die ANC het in Julius Malema ’n monster grootgemaak wat hy nie kan beheer nie, is die reaksie oor die ANC-jeugleier se dreigemente om plase te gryp en banke en myne te nasionaliseer.

Terwyl Suid-Afrika se “eie Robert Mugabe” se dreigemente boere en politici laat rooi sien, het ’n ekonoom Suid-Afrikaners gerusgestel dat Malema nie alleen die Grondwet kan ophef nie.

Malema is nie geregtig op sy eie feite nie en kan nie die geskiedenis van die land herskryf nie, het dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van PricewaterhouseCoopers (PwC) en gewese ekonoom van die jaar van Sake24, gesê.

“Die Suid-Afrikaanse regering bly verbind tot ’n vryemark-ekonomie en sal wesenlike veranderings aan die Grondwet moet aanbring om dié benadering te verander. Geen rede bestaan om te vermoed dat die kabinet so ’n drastiese stap sal oorweeg nie.”

Botha sê dreigemente deur enige nie-parlementêre organisasie (soos die ANC-jeugliga) behoort nie ’n noemenswaardige nadelige uitwerking vir die land in te hou nie.

“Indien die regering self met sulke dreigemente vorendag kom, kan dit aansienlike skade aan Suid-Afrika se beeld as ’n stabiele vryemark-demokrasie berokken.”

Voorts sê hy Suid-Afrikaners hoef nie oor die toekoms van die land te vrees nie.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, het aan Volksblad gesê hy het by verskillende geleenthede in die kabinet én in kabinetskomiteevergaderings beswaar gemaak oor dié uitsprake. “By die eerste moontlike geleentheid sal ek dit weer doen.”

Toe pres. Jacob Zuma op 10 Junie met opposisieleiers gepraat het, het hy (Mulder) weer hieroor gepraat “en oor die polarisering wat dit veroorsaak”.

Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), sê die VL distansieer homself in totaliteit van die radikale uitlatings wat Malema gemaak het.

“Die dag- en uitvoerende bestuur van die VL vergader later die week en die saak sal bespreek word.”

Jan van Niekerk, jeugleier van die VF+, sê die feit dat die ANC en president Jacob Zuma nie vir Malema gedissiplineer het nie, het sy nuutste uitsprake en optrede tot gevolg.

“Die ANC het ’n monster grootgemaak wat hulle nie kan beheer nie.”

Hy sê die jeugliga se radikale denkwyse ten opsigte van die nasionalisering van banke en myne en die verregaande hantering van die grondvraagstuk, is niks anders as ’n Robert Mugabe-benadering nie.

Helen Zille, die leier van die DA, het op Twitter gesê:

“Ek het ’n tsoenami-navrae oor Malema ontvang. My kommentaar is om nie bekommerd te wees nie. Malema is ’n nodige katalisator van die politiese herskikking in Suid-Afrika.”

Crawford von Abo van Bothaville, wat R700 miljoen se plase en bates in Zimbabwe verloor het, het gesê in Zimbabwe was daar nie probleme nie tot die mense se politieke mag aangetas is. “Toe sê pres. Robert Mugabe presies dieselfde ding as Malema nou. Dis ’n lelike ding. As Malema só die mense opstook, gaan hy onkeerbaar word. Hulle (mense soos Malema) breek die gesindhede af. Dit is anargie. Gematigde ouens moet wakker word.”

Charles Matorera, leier van die Zimbabwiese Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) in die Vrystaat, se reaksie is: “Malema droom!”

“My advies aan boere is om te begin praat. Gebruik ons Zimbabwiërs wat tussen die Suid-Afrikaners woon om aan hulle te vertel wat gaan gebeur as Malema begin plase gryp. Hy gaan wen, maar Suid-Afrika se mense gaan verloor.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: julius malema  |  anc  |  ancyl  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
40 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet sê... Dit is gedrogte soos hierdie wat rassehaat aanvuur..En by voorbaat Leghorn hou jou snawel hier uit en bly in jou hool waar jy is !!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.