'Mak' tier bespring seun (5)

2011-07-19 09:08
Tweets Share Share line Print

Polokwane - ’n Vyfjarige seun van Johannesburg het die naweek ternouernood aan die dood ontkom toe ’n jong Bengaalse tier hom in ’n luukse private wildreservaat in Limpopo bespring het.

Die ses maande oue tier het sy pote weerskante om Finlay Holden se kop ingekap in die Zebula Golf Estate & Spa sowat 50 km buite Bela-Bela (Warmbad). Finlay is Maandag uit die Mediclinic Sandton ontslaan.

Hy het verskeie byt- en krapwonde aan die kop opgedoen.

Claire Holden, sy ma, het gesê sy, haar driejarige dogter, Hannah, en Finlay het Saterdagoggend na die twee mak tiere voor die klubhuis gaan kyk.

Zebula het glo die versekering gegee die tiere hou geen gevaar vir mense in nie.

Op Zebula se webwerf word die interaksie met die twee Bengaalse tiers Reno en Paris geadverteer. “Jy sal aan die Bengaalse tiere kan vat en ook jou foto saam met hulle neem.”

“Ek het vir Finlay gesê hy moet versigtig wees, want alle diere bly maar wild,” het mev. Holden gesê.

Finlay het oor een van die tiere se rug gestreel toe die tier skielik omdraai en hom bespring. “Die tier se twee pote was weerskante van sy kop. Die dier se bek was oopgesper oor sy kop,” het mev. Holden gesê.

Finlay het histeries gegil. Sy ma het met kaal hande die tier van haar seun probeer afkry.

Jeff Cawood van Pretoria, wat saam met sy gesin op ’n wildbesigtigingsrit sou gaan, het dadelik gaan help.

Ronell Cawood het gesê hulle het gille gehoor. Sy het minute voordat die tier Finlay bespring het, nog foto’s van die dier geneem. Volgens haar het die tiere gegrom.

“My man het die tier om sy nek beetgekry en met sy duime oor sy keel gedruk sodat hy moes laat gaan.”

Mnr. Cawood het ’n skraap op die een hand opgedoen.

Mev. Holden het gesê Finlay het aanhou skree: “Ma, laat dit ophou, laat dit ophou!”

Werknemers van Zebula het blykbaar met hul tweerigtingradio’s die tier begin takel.

Mnr. Cawood het die tier van Finlay afgetrek.

Jonathan Holden het gholf gespeel op die reservaat toe sy seun aangeval is.

Mev. Holden het gesê: “My kind en ek was vol bloed. My arme dogtertjie het alles gesien.”

Sy is baie ontsteld omdat daar geen mediese personeel aan diens by Zebula was nie.

Volgens haar het die personeel by Zebula aan haar gesê om self met Finlay na Bela-Bela te ry vir mediese hulp. Sy was te geskok.

’n Ambulans is van Bela-Bela ontbied. Finlay is na die St. Vincent- private hospitaal op Bela-Bela vervoer.

Hy is later die dag na die Muelmed-hospitaal in Pretoria oorgeplaas. Die Holdens het besluit om hom eergister na die Mediclinic Sandton te skuif. Hy het Sondagaand ’n operasie ondergaan om die wonde skoon te maak en ontvang hoë dosisse antibiotika. Hy het ook ’n magdom steke gekry.

Hayley Poole, lid van die bestuurspan by Zebula, het Maandag gesê hulle wil geen kommentaar lewer nie. 

- Volksblad

Lees meer oor: diere  |  tiere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.