Mahlangu wou E.T. se geslagsdeel glo afsny

2010-05-11 07:09
Tweets Share Share line Print

Ventersdorp - Een van  Eugène Terre’Blanche se vermeende moordenaars het die AWB-leier se broek afgetrek omdat hy sy geslagsdeel wou afsny, maar het op die laaste nippertjie daarteen besluit.

Chris Mahlangu (27) het na bewering ook ná die moord by werkers op ’n naburige plaas gaan “spog” dat hy nou hul “baas” is, omdat hy en sy makker Terre’Blanche vermoor het.

Hy het glo toe, steeds geklee in sy bebloede moordklere, Terre’Blanche se gesteelde selfoon aan dié werkers gewys om sy bewering te staaf.

Dié getuienis is gister in die Ventersdorp-landdroshof gehoor tydens Mahlangu se borgtogaansoek. Die aansoek sal op 19 Mei voortgaan.

Die staat beweer Mahlangu is moontlik ’n Zimbabwiër, dat sy regte naam Chris Rhangani is en hy ’n vlugrisiko is.

Die hof het gehoor Mahlangu en sy 15-jarige medebeskuldigde, wat by ’n plek van veiligheid aangehou word, het minute voor die moord op 3 April by Terre’Blanche se plaasstal beplan om hom te vermoor, omdat hy hulle glo twee maande se salaris geskuld het. Die twee en Terre’Blanche het glo ook gestry, omdat Terre’Blanche beweer het drie van sy 97 beeste is weg.

Die vermeende moordenaars, wat as beeswagters vir Terre’Blanche gewerk het en elk sowat R600 per maand verdien het, het luidens hofstukke die dag van die moord na Terre’Blanche se huis op die dorp gegaan.

Mahlangu het vir sy vrou, Martie, gevra hy wil geld leen. Sy het Terre’Blanche gebel, maar hy het glo nee gesê en dat hy ’n reëling met die werkers het om hulle ná die Paasnaweek te betaal.

Terre’Blanche het glo kort hierna opgedaag en die twee werkers na die plaas geneem. Op pad daarheen het hy by ’n drankwinkel stilgehou waar hy vir Mahlangu 18 Savannas en vir die minderjarige 12 gekoop het.

Vir homself het hy ’n bottel Smirnoff-vodka gekoop. Die twee werkers het hul drank op ’n buurplaas geniet voordat hulle besluit het om Terre’Blanche te vermoor.

“Albei die beskuldigdes het gesê hy (Terre’Blanche) het gelê en slaap toe hy aangeval is,” het die ondersoekbeampte, kapt. Tsietsi Manu, gister getuig.

“Die moord was brutaal.”

Terre’Blanche se beserings het luidens hofstukke onder meer ingesluit ’n gebreekte skedel, breinbloeding, gebreekte gesigsbeendere, ’n gebreekte borsbeen en ribbes, ’n geskeurde tong en ’n geskeurde lewer.

Die verhoor sal na verwagting op 13 September begin.

- Die Burger

Lees meer oor: eugene terre'blanche

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.