Maharaj ontken bewerings van korrupsie

2011-11-22 13:46
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het op 'n mediakonferensie ontken dat hy by korrupsie en omkopery betrokke is.

Maharaj het op ’n nuuskonferensie van die Nasionale Persklub in Pretoria gesê hy het nooit enige wet verontagsaam nie.

Hy het reageer op kritiek dat hy in effek sensuur op die Mail & Guardian toegepas het deur die koerant te verhoed om die bewerings teen hom te publiseer.

Maharaj het gesê hy het bewyse dat die Mail & Guardian 'n kriminele oortreding begaan het.

"Ek het gedoen wat die wet sê, ek het 'n klag ingedien."

Prokureurs van Maharaj het klagtes teen Sam Sole, Stefaans Brümmer en die Mail & Guardian ingedien nadat hulle artikel 41 (6) van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag van 1988 verontagsaam het. 

Die aanklagte hou verband met verlede Vrydag se uitgawe van die koerant. Op die voorblad van die koerant was ‘n foto van Maharaj langs die woorde: "Gesensor. Ons kan hierdie storie nie volledig publiseer nie as gevolg van 'n dreigement van kriminele vervolging."
 
Maharaj het die polisie gevra om ondersoek in te stel na die moontlike diefstal van rekords van NVG-ondersoeke.

Dít kom nadat die NVG ontken het dat hulle reg gestaan het om Mail & Guardian en sy joernaliste te vervolg vir die besit van dokumente wat met ’n seksie 28-ondersoek na Maharaj te make het.

Die seksie 28-ondersoek berus daarop dat getuienis wat Maharaj, voormalige minister van vervoer, in ’n destydse Skerpioene-ondersoek gelewer het, geheim moes bly. Hy is ondervra as deel van ’n korrupsie-ondersoek.

Maharaj het Dinsdag gesê die koerant moes die direkteur vir openbare vervolging nader voor hulle hom genader het om die storie te publiseer.

Hy het gesê hy het geweier om vrae te beantwoord omdat hy glo 'n hof moet besluit of hy verkeerd opgetree het.

Hy het gesê is nie bereid om homself te onderwerp aan 'n "verhoor deur die media" nie.

Maharaj is Sondag in die Sunday Times daarvan beskuldig dat hy en sy vrou, Zarina, tussen 1997 en 1999 omkoopgeld van sowat R2,3 miljoen van ’n Franse wapenvervaardiger, Thales, ontvang het.

Hy het gesê die koerant het 800 woorde gepubliseer, maar slegs een van sy drie sinne van sy antwoorde op die koerant se vrae gebruik.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: mac maharaj  |  media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.