Maharaj onder skoot oor verhouding met Shaik
2011-11-25 09:00
Johannesburg – Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, is onder skoot oor sy verhouding met die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik.
Die Mail & Guardian het Vrydag onthul dat dié twee 'n hoogs onvanpaste verhouding gehad het, ten spyte van 'n besluit deur die Nasionale Vervolgingsgesag om nie aanklagte van korrupsie teen Maharaj te bring nie.
Die koerant beweer Maharaj het gejok oor betalings wat hy van Shaik ontvang het toe hy onder eed in 2003 ondervra is.
Dié berig kom 'n week nadat groot swart blokke oor driekwart van die voorblad gedruk, waar die storie gepubliseer sou word, is.
Maharaj het die koerant verlede week met regsaksie gedreig.
Volgens die berig was die NVG bekommerd dat hy nie sou kon bewys dat Maharaj en sy vrou korrupte bedoelings gehad het nie.
Maharaj verlede is Sondag in die Sunday Times daarvan beskuldig dat hy en sy vrou, Zarina, tussen 1997 en 1999 omkoopgeld van sowat R2,3 miljoen van ’n Franse wapenvervaardiger, Thales, ontvang het.
Die koerant sê dit is hoogs waarskynlik dat Shaik of sy Franse vennote die betalings as omkoopgeld beskou het.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter