Maharaj: Geen kommentaar oor Malema
2012-09-12 20:09
Johannesburg – Mac Maharaj, die presidensiële woordvoerder, het geweier om kommentaar te lewer oor die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, se uitlatings dat Suid-Afrika ‘n piesangrepubliek is.
“Ons gaan nie hierdie stories regverdig deurdat ek of die president kommentaar daaroop lewer nie. Julle kan nie verwag dat hy (Pres. Zuma) hierop kommentaar moet lewer nie,” het Maharaj Woensdag gesê.
“Julle (joernaliste) moet die prys betaal en verantwoordelikheid neem vir stories wat geskryf is oor ‘n piesangrepubliek.”
Malema het vroeër aan soldate by die Lenasia-ontspanningsentrum gesê dat Suid-Afrika ‘n “piesangrepubliek” is.
"Niemand is bo die wet verhewe nie – nie die weermag nie, nie die presidensie nie, en nie die parlement nie. Elke hofbesluit moet gerespekteer word," het Malema gesê.
"Ons moet die howe respekteer, maar die leierskap van hierdie piesangrepubliek het geen respek vir die howe nie.”
"Julle hoof [Zuma] is besig met ander dinge. Julle is 'n laer prioriteit. Almal van ons is 'n laer prioriteit," het Malema gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA