'Madiba se droom nog nie verwesenlik' – Zuma
2012-07-17 23:01
Fotogalery - Madiba word 94
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
Johannesburg – Oudpres. Nelson Mandela se droom oor ‘n ekonomiese vrye Suid-Afrika moet nog verwesenlik word, het pres. Jacob Zuma gesê.
“Sedert die 1940’s tot die aanbreek van vryheid, het hy miljoene van ons mense geïnspireer om genadeloos te veg om vryheid, demokrasie, vrede en stabiliteit te bewerkstellig,” het die president in ‘n ope brief aan Mandela geskryf. Madiba vier Woensdag sy 94ste verjaardag.
“Ons is trots daarop dat ons demokrasie, vrede en sekuriteit bereik het, maar ons word steeds deur die aanhoudende uitdagings van armoede, ongelykheid en werkloosheid gekonfronteer.”
Zuma sê Suid-Afrika het “baie goed gevaar” om die land te transformeer, maar het nog nie die “droom” van ekonomiese vryheid, wat Mandela in sy eerste staatsrede in 1994 beskryf het, verwesenlik nie.
Die ANC se beleidsvergadering verlede maand het ‘n weg uitgewys om Mandela se droom te bereik.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA