Machanik se spoghuis haal R7,8 miljoen
2011-07-15 14:17
Johannesburg – 'n Johannesburgse sakeman het Vrydag op 'n veiling R7,8 miljoen opgedok vir die spoghuis van die bedrogbeskuldigde-eiendomsagent Wendy Machanik.
Craig Berman, uitvoerende hoofbestuurder van Auction Alliance, het gesê die sakeman wil anoniem bly.
Belangstellendes het op R5 miljoen gebie en het binne minute die R7 miljoen-kerf bereik.
Machanik word verhoor nadat sy glo meer as R25 miljoen uit haar maatskappy se trustrekeninge verduister het.
Machanik se luukse huis is op 'n dubbele erf en word beskryf as "'n gasheer se droomhuis" Times Live vroeër berig.
Die bank het haar kans gegee om haar finansiële sake uit te sorteer voor die eiendom vrygestel is vir die veiling.
Sy verskyn volgende week in die hof.
– Volg Nuus24 op Twitter